Get Adobe Flash player

AllVac Afrikaans Vriendskap Forum

Home  | Arcade  | Active Topics  | Search Forum
You are not logged in
Share Options.. Share this page with others on:
Hi and Welcome to the Allvac Forum.

The Forum for all your Vacuum and High Pressure Discussions. Truck Mounted, Skid Unit and any other system you can think of, ask about it here. We have several Experts in the field that monitor the forums and can answer any query you may have.

We also have a section where you can discuss anything under the sun. Family, kids, recipe's, etc. You don't have to be able to talk truck to join us.

Please note that this is a family orientated Forum and as such please use appropriate language.
>AllVac Afrikaans Vriendskap Forum >Algemene Forum >Boererate >

Boererate A - Z ( Wenke )

Please Login To post    Page  of 2  >  
        
Unity Submitted on the 2010/12/27 04:45:41
By: UnityUnity is offline
Location : South Africa
Forum Ranking : Master Builder : 100100
Total count : 2524
Joined : 2011/04/03 00:02:16
#1


    


 
Afdroogdoeke

Hou afdroogdoeke sag deur hulle onder koue water uit te spoel met ‘n knippie Engelse sout by.




What seems to us as bitter trials are often blessings in disguise.

Post last Edited by Unity on 2011/11/18 08:55:45
Unity Submitted on the 2010/12/27 04:49:51
By: UnityUnity is offline
Location : South Africa
Forum Ranking : Master Builder : 100100
Total count : 2524
Joined : 2011/04/03 00:02:16
#2


    


 
Asyn



Voeg ‘n bietjie asyn of suurlemoensap of witwyn by pannekoekdeeg om te verhoed dat dit taai word.
Gooi ‘n bietjie asyn of suiker by uie wat gesmoor word. Dit sal ‘n lieflike ligbruin kleur en ‘n aangename geur aan die uie verleen.
‘n Lepel asyn in die water wanneer jy ‘n eier posjeer keer dat die wit versprei.
Voeg bietjie asyn by die water as jy eiers kook. Dit keer dat die eiers bars.
'n Bietjie asyn in die olie verhoud dat vleis wat in krummels gerol is gou vasbrand in die pan.
Die vel van tong sal maklik aftrek indien daar asyn by die water gegooi word as die gekook word.
Gooi bietjie asyn by olie waarin vis gebraai word. Die vis absorbeer minder olie.
Gooi suurlemoensap/asyn by vleis om dit sag te maak.
Verwyder visreuk van eetgerei deur dit in asynwater af te spoel.
Asyn of suurlemoen en koeksoda werk beter as handy-andi.
Asyn en koeksoda maak vir ‘n baie goeie disinfectant.
Asyn en warm water kan ontslae raak van ‘n mierplaag!
Voordat ‘n nuwe pan gebruik word, kook ‘n bietjie skoon asyn vir ‘n paar minute daarin. Sal ook voorkom dat vasbrand.
Vul met helfte wit asyn en helfte water. Stoom die strykyster tot die tenk skoon is. Hervul met skoon water en stoom weer die tenk leeg.
Citrus Soda en asyn maak ‘n aangebrande pot sommer vinnig skoon!
Vul nuwe ketel met helfte wit asyn en helfte water. Kook en laat oornag staan. Spoel die volgende dag uit met skoon water. Aanpaksels aan ‘n ketel se element kan verwyder word deur te kook met asyn.
Maak jou eie bleikmiddel met koeksoda en asyn.
Om glans terug te bring in kristalglase – gooi ‘n paar druppels ammonia in die was water en spoel af in asyn water.
Handdoeke wat hard uit die was kom - veral in brak water. Was jou handdoeke in warm water met seep en gooi ongeveer ‘n handvol sout by (Los die sout op in die water). Moet nie versagter gebruik nie. Spoel die seep goed uit. Spoel weer maar gooi so 2-3 eetlepels ammoniak of wit asyn in die laaste uitspoelwater.
Neem houertjies en gooi doodgewone asyn daarin, as dit kan hoe sterker die asyn hoe beter [met ander woorde die % asyn wat op die bottle staan] plaas dit nou oral rond, in die somermaande plaas ek ‘n bakkie voor die waaier en dit vul die vertrek totaal.
Vir lastige vlieë, gooi gewone asyn wat mens in kos gooi in klein bakkies of deksels en plaas dit op onooglike plekke bv bo-op yskas ens. Die suur reuk jaag die vlieë weg, al nadeel is dat dit vinnig verdamp (na 3 dae) maar bly nog steeds goedkoper as enige gifstowwe.
Maak juweliersware skoon deur dit oornag te week in ‘n mengsel van koeksoda en asyn. Indien nodig, skrop liggies met ‘n ou tandeborsel. Dit verwyder alle vuilighede sonder om die stene, goud of silver te beskadig. Moenie perels oornag week nie - net vir sowat ‘n uur.
Hou jou wit klere wit deur dit in 5 liter water en 1 koppie asyn te week.
Vryf koper blink met sout en asyn/suurlemoenmengsel
Gebruik een deel asyn met twee dele gekookte lyn-olie. Die mengsel moet goed geskud word. Smeer dan aan soos meubel politoer en poleer na die tyd.
Meng asyn en suurlemoen olie om die helfte aan en gooi in ‘n spuitbottel vir jou meubels.
Vuil mikrogolf oond - Verhit ‘n 1/2 koppie asyn in die mikrogolf (nie nodig om te kook nie). Die asyn maak al die vetterigheid los. Vee mikrogolf met sagte lap uit.
‘n Paar bakkies vol asyn in die vertrek keer ook dat die rook intrek in meubels.
Skrop muwwerige panne wat roes skoon met asyn en laat droog word in die son.
Klein geroeste artikels kan ´n paar dae in asyn gelê word om die roes te verwyder.
´n Paar druppels asyn by skoenpolitoer wat hard geword het maak dit weer sag.
Maak jou stoof skoon met ‘n mengsel van sout en asyn.
Maak ´n ou kous klam met 25ml asyn en 20ml lou water en vryf spieëls blink daarmee.
Voeg twee eetlepels asyn by die water vir silwerskoon vensters.
´n Verfkwas met harde hare kan ½ uur lank geprut word in kokende asyn en agterna gewas word met skottelgoedwasmiddel.
Verfkolle: Verfkolle op vensters kan verwyder word met asyn.
Biervlekke kan uit ´n mat verwyder word deur dit met witasyn te vryf.gestel deu
Sodawater of wit asyn haal gewoonlik bloed vlekke uit matte uit.
Maak ´n pasta van asyn en koeksoda en vryf dit aan die kraag.
Koperware kan pragtige blink gemaak word as dit nou en dan met sout en asyn afgevryf word.
Stop ´n skoon vloerlap in ´n plastiek groentesakkie en was jou matte daarmee. Verwyder kolle op ´n mat met 1 deel witasyn en 3 dele water.
Sodawater of wit asyn haal gewoonlik hardnekkige vlekke soos rooiwyn en bloed uit matte uit.
Om hardnekkige water vlekke in bak uit te kry kan 3 koppies asyn ingegooi word en gelaat word vir ‘n paar uur. Borsel en spoel.
Indien jy hardnekkige watervlekke in ‘n beker of houer het – Vul houer met asyn en laat staan ‘n paar uur en verwyder dan met ‘n skuursponsie. (Asyn kan oor en oor gebruik word vir die doel)




What seems to us as bitter trials are often blessings in disguise.
Unity Submitted on the 2011/11/18 08:50:07
By: UnityUnity is offline
Location : South Africa
Forum Ranking : Master Builder : 100100
Total count : 2524
Joined : 2011/04/03 00:02:16
#3


    


 
Aanpaksels

* Vul met helfte wit asyn en helfte water. Kook en laat oornag staan. Spoel die volgende dag uit met skoon water.

* Vul met helfte wit asyn en helfte water. Stoom die strykyster tot die tenk skoon is. Hervul met skoon water en stoom weer die tenk leeg.

* Vir die aanpaksel in jou ketel, gooi een pakkie of 3 eetlepels wynsteensuur by, kook en spoel ketel uit. Dis onmiddelik skoon.

Aartappels

* Voeg suurlemoensap by die water as jy ´n aartappel met skil en al kook. Die aartappel sal wit wees en jou potte sonder vlekke.

* ´n Knippie bakpoeier by kapokaartappels maak dit sag en lig.

* Om te verhoed dat aartappels uitloop plaas jy ´n vars groen appel by dit.

* Laat aartappels ´n half-uur lank in melk lê om mooi bruin te bak.

* Gooi ‘n eetlepel melk in ‘n kastrol waarin jy aartappels kook. Dit voorkom dat dit kleur verloor.

Afdroogdoeke

* Hou afdroogdoeke sag deur hulle onder koue water uit te spoel met ´n knippie Engelse sout by.

Afvoerpype

Om verstopte afvoerpype weer vry te laat vloei gooi jy ‘n kwart koppie koeksoda in die uitloop. Gooi ‘n halwe koppie asyn agterna en plaas die prop terug. Wag 15 minute en gooi 4 liter kookwater in. Hierdie metode kan ook gebruik word om toilette skoon te maak.

Angeliere

* Angeliere hou langer in ´n blompot as jy sout in die water gooi.

Appelkooskonfyttertjies

* Mimi het geskryf: Het iemand ´n wenk of voorstel sodat appelkooskonfyt nie sal uitloop by appelkooskonfyttertjies nie?
Probeer :- 1 eierwit en 1 teelepel suiker – klits goed en smeer aan rand. (Petro van der Westhuizen)

Appels

* Appels word makliker geskil indien dit vooraf ´n paar minute lank in kookwater lê.

* Gebakte appels sal nie plooi indien jy ´n paar klein snytjies in die skil maak voor hulle oond toe gaan nie.



What seems to us as bitter trials are often blessings in disguise.
Unity Submitted on the 2011/11/18 08:52:01
By: UnityUnity is offline
Location : South Africa
Forum Ranking : Master Builder : 100100
Total count : 2524
Joined : 2011/04/03 00:02:16
#4


    


 
Bad

Vir ‘n verfrissende bad gooi vars basiliekruid in jou badwater.

Witasyn hou die bad wit en sonder vlekke.

Badkamerteëls

* Spuit bietjie parfuum op die gloeilamp in die badkamer. Wanneer die lig aangeskakel word sal daar ‘n aangename reuk in die lug hang.

* Reni de Waal: “Smeer karpolitoer op skoon badkamerteëls om muf te verhoed.”

Balpuntpen

* Ink kan van klere verwyder word met brandspiritus, alkohol of haarsproei.

Besem

* Plaas ‘n paar stukkies wol op die hoeke van jou besem en voorkom so dat jou meubels en vloerlyste beskadig word.

Beskuitblik

* ‘n Eetlepel suiker hou die inhoud van ‘n beskuitblik vars.

Beskuitjies

* Om beskuitjies maklik te verkrummel, plaas hulle in ‘n sterk plastieksak. Druk hulle eers met ‘n rolstok stukkend en rol hulle daarna fyn.

Beursie

Indien jy gereeld reis is dit ‘n goeie idee om ‘n vals beursie te dra. Hou ‘n paar rand daarin en winkelkaarte wat verval het. Die diefstal van beursies, selfone en skootrekenaars in Europa is aan die toeneem.

Bier

* Biervlekke kan uit ‘n mat verwyder word deur dit met witasyn te vryf.

Blaarslaai

* Sit blaarslaai in suikerwater en dit sal weke vars bly.

* Plaas ‘n papierservet in die yskashouer saam met blaarslaai. Dit absorbeer die vog en sorg dus dat die blaarslaai langer hou.

Bleikmiddel

* Maak jou eie bleikmiddel met koeksoda en asyn.

Blikkieskos

* Skryf die datums op jou blikkieskos. Dan kan jy seker maak jy gebruik altyd die oues eerste.

Blikpanne

* Skrop muwwerige panne wat roes skoon met asyn en laat droog word in die son.

Blindings

Was blindings met ’n mengsel van 250 ml ammoniak, 125 ml wit asyn, 60 ml koeksoda en 4 liter warm water. Spons die mengsel or die oppervlaktes en spoel af met skoon, koue water.

Bloed

* Indien jy bloed op iets gemors het gooi dadelik vleisversagmiddel daarop. Voeg genoeg koue water by om ‘n pasta te vorm. Laat dit so staan vir 30 minute en spons af met koue water. Gooi in die wasmasjien.

Blomkool

* Sit ‘n stukkie suurlemoenskil in die water as jy blomkool kook. Dit hou die blomkool mooi wit.

Blomme vars hou

* Maak ‘n gaatjie in ‘n rou aartappel en plaas jou steggie / blom daarin om dit vars te hou as jy dit vervoer.

* Sit ‘n bietjie koeksoda in die water by die blomme.

* Meng ‘n bietjie Jik, ‘n eetlepel suiker en ‘n eetlepel asyn. Gooi dit by die blomme se water.

* Gooi ‘n Disprin by jou blomme om dit langer vars te hou.

Borrie

* Om borrievlekke te verwyder was jy die kledingstuk onmiddelik in koue water en waspoeier. Hang in die son om droog te word, daar sal nog ‘n ligte vlek sigbaar wees. Was die kledingstuk dan weer en die vlek sal weg wees.

Brakwater

* Boraks kan gebruik word om brakwater sag te maak.

Bril

* ‘n Druppel gliserien help om jou brilglase skoon te hou. Dit help ook teen wasigheid.

Broccoli / Brokkoli

* Maak ‘n X-vormige snit in broccoli stingels voordat jy dit in die pot sit. Die stingels sal gelyk met die blommetjies gaar word.

Brood

* Plaas ‘n pakkie sout in die broodblik om jou brood vars te hou.

* Doop ou brood in water en bak dit dan weer in die oond. Dit sal vars smaak.

* Hou ‘n brood langer vars deur ‘n stuk seldery saam met die brood in ‘n papiersak te bêre.

* Jy kan brood in ‘n leë skoendoos in jou mikrogolfoond bak.

* As jy ‘n brood bak en ‘n lekker bros kors bo-op wil hê, smeer die brood halfpad deur die bakproses met soutwater.

Broodkrummels

* As jy ‘n gereg maak en jy sit sonder broodkrummels, gebruik graanvlokkies. Gooi ‘n handvol in ‘n plastieksakkie en druk fyn voordat jy dit by die res van die bestanddele voeg.

Bruinsuiker

* ‘n Stuk brood in die houer oornag maak bruinsuiker wat hard geword het weer sag.

Bruismeel, tuisgemaak

* 250 ml koekmeelblom + 7,5 ml bakpoeier = 250 ml bruismeel



What seems to us as bitter trials are often blessings in disguise.
Unity Submitted on the 2011/11/18 08:52:39
By: UnityUnity is offline
Location : South Africa
Forum Ranking : Master Builder : 100100
Total count : 2524
Joined : 2011/04/03 00:02:16
#5


    


 
Chroom

* Maak chroom skoon met Coca-Cola en vryf dit agterna met foelie.

Coca-Cola

Jy kan Coca-Cola gebruik om insekte mee dood te maak.



What seems to us as bitter trials are often blessings in disguise.
Unity Submitted on the 2011/11/18 08:53:22
By: UnityUnity is offline
Location : South Africa
Forum Ranking : Master Builder : 100100
Total count : 2524
Joined : 2011/04/03 00:02:16
#6


    


 
Dakwaaier
* ‘n Dakwaaier kan ook handig wees in die winter. Laat die waaier teen ‘n baie stadige spoed kloksgewys draai. Dit hersirkuleer die warm lug wat opstyg en hou so die vertrek warmer.

Dasse

* Maak dasse self skoon met bensien.
Plaas die dasse in ‘n fles, voeg genoeg bensien by, skroef die
deksel op en skud goed. Haal die dasse uit en hang op om uit te droog.

Deeg

* Plaas ‘n stukkie plastiek oor deeg wat moet rys. Dit voorkom dat ´nm harde lagie vorm.

Dieet

* Indien jy ‘n dieet volg, gebruik laevet mayonnaise of slaairoom pleks van botter op jou toebroodjies. Dit het minder kilojoules en smaak heerlik.

Dieselvlekke

* Peet Cloete: “Om motorolie, diesel, parafien of ghriesvlekke of -kolle (enige oliekolle of vetkolle) sonder veel moeite uit kledingstukke te kry, week die kolle / merke / vlekke in gewone Detol vir so ‘n halfuur en was daarna met die hand en sunlight seep – kos nie eens baie vryf nie. Die laat jou wit klere mooi wit en gekleurde items se kleure sal nie verdof of uitbleik nie. Dit beskadig ook nie die materiaal nie en jou klere ruik daarna ook vars en skoon. Dit werk, glo my.”

Druiwe

* Om druiwe te skil – doop dit vir 2 minute in kookwater en dan in koue water.



What seems to us as bitter trials are often blessings in disguise.
Unity Submitted on the 2011/11/25 07:02:16
By: UnityUnity is offline
Location : South Africa
Forum Ranking : Master Builder : 100100
Total count : 2524
Joined : 2011/04/03 00:02:16
#7


    


 
Sigarette

Gooi bakpoeier onder in asbakkies om stompie brandvlekke te voorkom en reuke te verminder.
Gooi sout onder in die asbakkies. Die sout absorbeer die reuk van die sigaret as.
‘n Paar bakkies vol asyn in die vertrek keer ook dat die rook intrek in meubels.
Steek ‘n paar kerse op in ‘n vertrek waar baie gerook word.




What seems to us as bitter trials are often blessings in disguise.
Unity Submitted on the 2011/11/25 07:02:49
By: UnityUnity is offline
Location : South Africa
Forum Ranking : Master Builder : 100100
Total count : 2524
Joined : 2011/04/03 00:02:16
#8


    


 
Verf

Om die sterk verf reuk uit ‘n vertrek te verwyder, plaas ‘n skottel met skoon water in die vertrek en die verf trek in die water in.
Ammoniak in water trek ook die reuk uit in die vertrek.
Gooi ‘n botteltjie vanilla geursel in ‘n bakkie of in ‘n piering en plaas in vertrek waar die verf reuk is. Dit sal sommer gou die reuk verwyder.




What seems to us as bitter trials are often blessings in disguise.
Unity Submitted on the 2011/11/25 07:03:25
By: UnityUnity is offline
Location : South Africa
Forum Ranking : Master Builder : 100100
Total count : 2524
Joined : 2011/04/03 00:02:16
#9


    


 
Braaipan

´n Elektriese braaipan kan met foelie uitgevoer word om dit vlekloos te hou.




What seems to us as bitter trials are often blessings in disguise.
Unity Submitted on the 2011/11/25 07:03:40
By: UnityUnity is offline
Location : South Africa
Forum Ranking : Master Builder : 100100
Total count : 2524
Joined : 2011/04/03 00:02:16
#10


    


 
Kryt

Krytmerke op mure en klere - borsel met tandepasta op ou tandeborsel




What seems to us as bitter trials are often blessings in disguise.
Unity Submitted on the 2011/11/25 07:03:56
By: UnityUnity is offline
Location : South Africa
Forum Ranking : Master Builder : 100100
Total count : 2524
Joined : 2011/04/03 00:02:16
#11


    


 
Lipstiffie

Lipstiffie kan verwyder word deur die kledingstuk tien minute in seepwater te week, uit te spoel en weer in seepwater te was.
Verwyder lipstiffiemerke van jou klere met bloekomolie.




What seems to us as bitter trials are often blessings in disguise.
Unity Submitted on the 2011/11/25 07:04:13
By: UnityUnity is offline
Location : South Africa
Forum Ranking : Master Builder : 100100
Total count : 2524
Joined : 2011/04/03 00:02:16
#12


    


 
Olie & Vetkolle

Oliebottels kan maklik skoongemaak word deur ‘n bietjie koffiemoer in die bottels te gooi en goed te skud. Was daarna uit met skoon water.
Gooi babapoeier op vetkolle in kledingstukke voor jy dit was.
Vryf olie- en vetvlekke op klere met bensien. Was dan soos gewoonlik en hang op om droog te word.
Om kerswas van materiaal te verwyder Plaas ‘n stuk koerantpapier bo-oor die materiaal en stryk met ‘n lou yster. Die was sal dan in die papier in trek en die materiaal sal weer skoon wees.
Om vetkolle van klere te verwyder, spuit gewone Doom op die kol en vryf die kol en spoel uit.
Indien daar olie op die plaveisel of motorhuisvloer gedrup het, kan dit skoongemaak word deur gewone sement op die olie te gooi. Die sement sal die olie absorbeer en kan na ‘n dag of wat met ‘n besem
weggevee word.
Om vet kolle van klere te verwyder is om ‘n blikkie Coke op die klere te gooi. Was dan die klere soos normaal. Die Coke sal help om die vetkolle op te breek en te verwyder.




What seems to us as bitter trials are often blessings in disguise.
Unity Submitted on the 2011/11/25 07:04:37
By: UnityUnity is offline
Location : South Africa
Forum Ranking : Master Builder : 100100
Total count : 2524
Joined : 2011/04/03 00:02:16
#13


    


 
Tee

Maak ´n mengsel van gliserien en die geel van ´n eier. Wend aan en laat droog word. Was in koue water.




What seems to us as bitter trials are often blessings in disguise.
Unity Submitted on the 2011/11/25 07:04:57
By: UnityUnity is offline
Location : South Africa
Forum Ranking : Master Builder : 100100
Total count : 2524
Joined : 2011/04/03 00:02:16
#14


    


 
Toilet

Om hardnekkige water vlekke in bak uit te kry kan 3 koppies asyn ingegooi word en gelaat word vir ‘n paar uur. Borsel en spoel.
Om ‘n gevlekte toilet skoon te maak is swembadsuur of chloor in toilet gegooi word en gelaat vir ‘n ruk. Skrop en spoel.
Gooi ‘n blikkie Coke in die toilet en laat staan vir ‘n uur. Spoel die toilet en jy sit met ‘n sprankel skoon toilet.




What seems to us as bitter trials are often blessings in disguise.
Unity Submitted on the 2011/11/25 07:05:28
By: UnityUnity is offline
Location : South Africa
Forum Ranking : Master Builder : 100100
Total count : 2524
Joined : 2011/04/03 00:02:16
#15


    


 
Wyn

Gooi dadelik sout op die vlek of gooi witwyn oor die vlek.
Sodawater of wit asyn haal gewoonlik hardnekkig vlekke soos rooiwyn uit matte uit.




What seems to us as bitter trials are often blessings in disguise.
Please Login To post    Page  of 2  >  
Previous TopicNext Topic
Show Per Page.  
  
00002862